​Woord ​& Lig Selgroep
Woensdae aande om 19:00 by Woord en Lig Christen Kerk. 

Selbyeenkomste is die perfekte geestelike padkos oppad na Sondag se erediens.

Voordele van 'n Selgroep.

1. Gelowiges word versterk in hul verhouding met God deur gebed, Bybelstudie en besprekings. 

2. Gelowiges se kennis van die Bybel word verdiep deur die studie en besprekings van sekere onderwerpe of skrifgedeeltes.

3. Vriendskappe word gevorm en ontwikkel binne die liggaam van Christus deur groepbesprekings en sosiale aktiwiteite soos bybelvasvrae en speletjies.

4. Gelowiges word toegerus om die evangelie te gaan verkondig deur hulle Geestelike genadegawes te ontdek en te gebruik.