ONTMOET ONS LEIERS EN STIGTERS
Ontmoet ons leiers: Pastore Abri Erasmus en Martie Erasmus. 
Woord en Lig Christen Kerk het ontstaan uit die bediening van ons Pastore. Ps Martie Erasmus is 'n bekende gospel-sangeres wat al 5 suksesvolle gospel albums agter haar naam het. Nadat hulle Suid-Afrika platgetoer het om die evangelie te verkondig, het die Here hulle geroep tot 'n bediening in Randfontein aan die Wes Rand hulle tuis dorp. Ps Abri Erasmus het 20 jaar gelede Woord en Lig Christen Kerk in die dorp Randfontein gestig. Vandag staan hulle altesaam vir meer as 40 jaar in die bediening. 

Woord en Lig se missie en visie is om siele te oes vir die Koninkryk van God. ​