Koffie & Chats
Donderdae aande om 18:00 by Woord en Lig Christen Kerk.

Hierdie is aande wat ons aanbied vir jong profesionele persone om bymekaar te kom en lekker te klets oor 'n heerlike koppie koffie en oor hulle alle daagse uitdagings en nuwe geleenthede. Dan delf ons dieper in die woord van God in en bid vir mekaar. Hier word gesonde vriendskappe gevorm in die teenwoordigheid van die Heilige Gees.